Spelers van Paarl Rugbyklub haal Disa-span
2009-10-08
VYF lede van die Paarl Rugbyklub het onlangs uitgedraf vir die WP Disa-span. Hulle is Jaco Stadler, Stefan van der Merwe, Vorster Stone (almal stutte), Shaun Taylor (flank) en Clive Samuels (veelsydige agterspeler). Die Disa-span het afgereken het met Grens (78-10), KZN (43-15) en met SWD in die finaal (33-28). Stone is ook aangewys as Paarl RFC se voorspeler van die jaar en Taylor was die beste ontwikkelende speler.
More
News
|