Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Karoofees by Strooidakkerk

Karoofees by Strooidakkerk
 
2009-10-08


DIE Paarl spog hierdie naweek weereens met die gewilde Strooidak-Williston Fees.

Jaarliks trakteer die Willistonners vir Paarliete met allerlei lekkernye uit die Karoo, en Vrydag en Saterdag beloof om groot pret en plesier te bied vir die hele gesin. Dit is die sesde fees van sy soort, waar hierdie twee gemeentes hande vat om vir die Paarl ’n behoorlike Karoofees aan te bied.

Vanjaar vind die fees plaas op die parkeerterrein van die Strooidakkerk. Tuisgemaakte boerewors, sosaties en biltong is maar net ’n paar van die heerlikhede wat volop beskikbaar sal wees by die fees, asook net die beste lammers sal te koop wees. En moenie vergeet van afval en skaapkop vir die ware vleisliefhebbers nie.

Die fees skop Vrydagoggend om 10:00 af en die braaivure sal tot laataand bly brand. Saterdagoggend vroeg kan daar aangesit word vir die gewilde plaasontbyt en die fees se deure bly dan oop tot 13:00. Kontak 021-872-4396.




More News
  • Natural burials arrive in South Africa
  • Lofprysing Oppiberg
  • Bonsai Kai vergader
  • Benefit concert
  • Have a lazy day braai
  • Staan op in moeilike tye
  • Boeresport by fondsinsamelingsdag
  • Local schools shine in debate
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za