Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Boland Modelvliegklub doen dit weer

Boland Modelvliegklub doen dit weer
 
2009-10-08


DIE Boland Modelvliegklub (BOMAC) het dit vir die derde jaar agtereenvolgens reggekry om aangewys te word as die klub met die beste gees tydens die vierdaagse skaalbyeenkoms vir radiobeheerde modelvliegtuie.
Dié belangrike byeenkoms word nou alreeds vir die afgelope 38 jaar in Oudtshoorn gehou en modelvliegklubs regoor Suid-Afrika neem deel. Slegs skaalmodelle van volgrootte vliegtuie en helikopters mag deelneem.

Kompetisie vir die dertig pryse was baie straf en die meer as 150 vlieëniers, met oor die 200 vliegtuie en helikopters, het alles gegee om van die gesogte trofee te wen.

Bomac-lede wat dié byeenkoms bygewoon het, het uiteindelik weggestap met altesaam 11 van die trofeë.

Bomac bestaan uit 65 entoesiastiese lede vanuit die Paarl/Wellington en Stellenbosch area, waarvan twee alreeds Springbok/Protea-kleure verwerf het.

Vir verdere inligting met betrekking tot die sport van radiobeheerde lugtuie, kontak Nic van Rensburg by 021-865-2559.




More News
  • Kavaliers moet momentum gebruik
  • Sewes-aksie begin reeds môre
  • Baie visse uitgetrek
  • Standards koning
  • Last shot at gun run
  • Entries open for local MTB race
  • Wedvlug-duiwe
  • Sportdagboek
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za