Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Roeiers dra klubnaam met eer

Roeiers dra klubnaam met eer
 
2009-10-08


TWEE lede van die Paarl Kanoklub het die klub se vaandel met eer gedra op beide internasionale en nasionale kampioenskappe.

By die Wêreld Kanomarathon-kampioenskappe in Portugal, waartydens 36 lande deelgeneem het, het André Rabie goud gewen in die ouderdomsgroep 55-59 jaar, terwyl Giel van Deventer die brons-medalje huis toe gebring het in die Grootmeesters-afdeling (60 jaar plus).

Alhoewel die baan waar die byeenkoms gehou is op die getygedeelte van die Duororivier was en dus veronderstel was om ’n platwater-kampioenskap te wees, het die groot verskil tussen die hoogte van hoog- en laagwater op die rivier die toestande baie bemoeilik.

In Suid-Afrika is die hoogteverskil tussen hoog- en laagwater maar net meer as een meter, terwyl dit in Porto drie meter is.

Die groot verskil maak dat daar baie sterk gety-strome tydens die wedvaart was waar die plaaslike roeiers ’n groot voordeel gehad het aangesien hulle presies weet hoe die strome verander op die verskillende hoogtes.

Die Suid-Afrikaners het hulle egter nie laat onderkry nie en hulle goed by die omstandighede aangepas.

) Die afgelope naweek is die SA K1 riviermarathonkampioenskappe op die Visrivier by Cradock gehou. Met 1400 roeiers is die Visrivier kampioenskappe nou groter as die Dusi.

Rabie en Van Deventer het ook op die tegnies moeilike rivier met groot en gevaarlike stroomversnellings hul staal gewys en beide het hul onderskeie ouderdomsafdelings gewen.

Van Deventer het ook ’n nuwe rekordtyd vir Grootmeesters vir die Visrivier opgestel.

Twee van Paarl Kanoklub se juniors het ook goed gevaar. Joseph Williams was sewende in die o.18-afdeling en Nicholas de Villiers sewende in die o.16-afdeling.

Nicholas het maar vanjaar vir die eerste keer aan groot wedvaarte begin deelneem en dit is dus geen geringe prestasie om sommer met sy eerste deelname aan die Visrivier as die sewende beste o.16 in die land gekroon te word nie.




More News
  • Kavaliers moet momentum gebruik
  • Sewes-aksie begin reeds môre
  • Baie visse uitgetrek
  • Standards koning
  • Last shot at gun run
  • Entries open for local MTB race
  • Wedvlug-duiwe
  • Sportdagboek
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za