Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Skerp angels verlaat die Kavaliers

Skerp angels verlaat die Kavaliers
 
2009-10-08

Jaco van Wyk

HOEWEL twee Kavalier-hardebaarde, Marnus Hugo (skrumskakel) en Justin Peach (heelagter), aanstaande seisoen hul rugby-loopbane op ‘groener weivelde’ gaan voortsit, is dit volgens ’n betroubare bron onwaar dat nog senior spelers dié duo se voorbeeld gaan volg.

Ná vanjaar se sukkelvertonings in die Curriebeker-rugbyreeks, is dit so te sê ’n uitgemaakte saak dat Hugo en Peach volgende seisoen onderskeidelik vir Griekwas en OP sal uitdraf.

Berigte wat lui dat die Boland Rugby-unie aangekondig het dat hulle volgende seisoen geen geldkontrakte beskikbaar sal stel nie, wat gevolglik daartoe gaan lei dat nóg staatmakers hul tasse pak, is volgens die Boland Kavaliers se direkteur van afrigting, Chester Williams, onwaar.

Daar is berig dat Janro van Niekerk (stut, Goue Leeus of oorsee), Elgar Watts (losskakel) en Deon Scholtz (vleuel) volgende seisoen hul rugbyheil elders gaan soek.

Volgens die voormalige Springbokvleuel “sal daar beslis geldkontrakte wees aanstaande seisoen.”

Inteendeel, ’n aantal nuwe gesigte behoort binnekort in die Kavalier-kraal verwelkom te word, waarvan ’n paar gesigte dalk aangename verassings mag wees vir Boland-ondersteuners.

“Ons sal kyk na spelers buite die streek, om sodoende die wenkultuur terug in die Boland te kry,” het Williams gesê.

Volgens Williams is dit ook belangrik om Boland se o.19’s en o.21’s by die unie te hou, met die oog op ontwikkeling van spelers vir die toekoms.
* Intussen het die Boland Kavaliers Saterdag wéér deurgeloop, met ’n 7-50 nederlaag teen WP op Nuweland.

’n Driekuns deur die kaptein, Luke Wat-son het bygedra tot dié WP sege.

Boland kon slegs sewe punte behaal, met ’n onderskep-drie deur Deon Scholtz. Mark Harris het dié drie verdoel.

* Saterdag meet die Kavaliers kragte met Vrystaat op die Boland-stadion (15:00).




More News
  • Kavaliers moet momentum gebruik
  • Sewes-aksie begin reeds môre
  • Baie visse uitgetrek
  • Standards koning
  • Last shot at gun run
  • Entries open for local MTB race
  • Wedvlug-duiwe
  • Sportdagboek
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za