Roses seëvier Sewestoernooi
2009-10-08
SATERDAG was daar ’n reuse-sewestoernooi op die Daljosafat-sportgronde aangebied, waartydens al die top klubs van die Paarl-omgewing genooi is om hul staal te toon. Roses United van Wellington is uiteindelik as die beker-wenner gekroon, met Young Gardens wat die Plaat-titel ingepalm het. Dié toernooi, wat ongeveer 10 000 toeskouers deur die hekke van die Daljosafat-sportgronde sien stap het en van nou af ’n jaarlikse instelling gaan word, is aangebied vir die behoud van die Kraal Sportterrein. Volledige uitslae van die senior-wedstryde, was soos volg: Eerste ronde: Roses 22, Young Gardens 15, Violets 24, Laer Paarl 14; River-stones wen by verstek; Paarl 33, Allandale 7; Vineyards 14, Rangers 5; Young Peoples 15, Blue Stars 5; Young Standards 24, Simondium 20; Albions 14, Pêrel United 10. Plaat-kwarteindronde: Young Gardens 26, Laer Paarl 12; Allandale wen by verstek; Rangers 10, Blue Stars 5; Simondium 15, Pêrel United 12. Beker-kwarteindronde: Roses United 7, Violets 5; Riverstones 19, Paarl 17; Young Peoples 20, Vineyards 7; Young Standards 17, Albions 7. Plaat-halfeind: Young Gardens 19, Allandale 5; Rangers 10, Simondium 0. Beker-halfeind: Roses 21, Riverstones 0; Young Peoples 26, Standards 5. O.16-finaal: Vineyards 22, Allandale 3. Plaat-finaal: Gardens 19, Rangers 10. Beker-finaal: Roses 26, Peoples 5.
More
News
|