ALHOEWEL die Vrystaat Saterdag die toekomstige nuweling in die B afdeling, Boland, met 55/10 kaf gedraf het, het Vrystaat nie werklik beďndruk nie, en behoort hulle nie verder as die huidige vierde plek op die punteleer te vorder nie.
Boland verswak egter weekliks en het soos leerling-“spietkops” gelyk sonder ’n hoof, soos die Vrystaat agter Boland se doellyn gaan parkeer het.
Daar is talent in die Boland rugbyspan, maar of hulle behoue gaan bly vir volgende seisoen is ’n ander vraag.
Jy kan egter spelers nie kwalik neem wat groener weivelde elders gaan soek nie.
Immers wil van hierdie jong talent ’n loopbaan van rugby maak, maar soos dit nou in die Boland gaan, gaan hierdie droom moontlik nie bewaarheid word nie.
Bloubulels