Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Onredelike munisipale heffings slaan hard

Onredelike munisipale heffings slaan hard
 
2009-10-15


EK kan nie anders nie as om my stem te voeg by die besware wat die afgelope weke in hierdie briewekolom uitgespreek is teen die verregaande munisipale fooie wat tans (slegs) in Drakenstein betaalbaar is by aanbouings aan jou woonhuis.

Die relatief klein aanbouing van ’n vertrek op my dubbelmotorhuis wat reeds ’n betondek het, plaas die huis volgens die Munisipaliteit in ’n kategorie waarvolgens nie alleen grootmaat-diensfooie betaal moet word nie, maar die nog duurder tariewe wat geld vir ’n volle erf-onderverdeling.

In effek beteken dit ’n heffing/boete van R39 500 vir ’n aanbouing van ’n beraamde R75 000!

Die ironie is dat bogenoemde aanbouing geen bykomende las op dienste plaas nie. Daar is geen nuwe riool-aansluiting of afvoer-kanale nie.

Trouens, die grondoppervlakte van die woning bly dieselfde, en niks word bygevoeg by die afvoerpype nie.

Alle vertoë, selfs persoonlike afsprake met en verduidelikings aan die mees senior afdelingshoofde by die Drakenstein Munisipaliteit, is tevergeefs.

Ook wanneer hulle jou punt insien, en nie anders kan as om met jou saam te stem nie, word die skouers opgehaal. Baie mense het al kom kla, hoor jy dan, maar intussen moet jy betaal, want regulasies is regulasies! Ook al is dit hoe onbillik, en al het geen ander munisipaliteit hierdie verregaande heffings of boetes nie.

Die gevolg is dat die meeste voornemende eienaars dan nie voortgaan met die bouwerk nie. En daar is talle van hulle.

Die hartseer-verhaal is dat honderde werkgeleenthede daarmee elke dag verlore gaan.

’n Mens hoef maar net te gaan kyk hoe die werkloses elke oggend saamdrom in die Paarl en Wellington in die hoop dat iemand vir hulle ’n “job” sal gee.

Hoe lank moet die belastingbetalers nog wag voordat hierdie onredelike diensheffings gewysig word?

En hoe lank moet die honger werkloses nog wag? Dit gaan ons ekonomie vernietig.

Beswaarde belastingbetaler




More News
  • Name change comes with new commitment
  • Maar moeilik met diens in middedorp
  • Rooi linte nie vir vandalisme
  • Moenie die naam verander nie
  • We can make a difference
  • Doen julle werk!
  • SMS
  • Peace under the (Linden) trees
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za