Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Koorsigheid op note!

Koorsigheid op note!
 
2009-10-15


LIEFHEBBERS van musiek en sang kan hulle maar solank gereed maak vir hoë temperature op 25 Oktober.

Die kwik beloof om drasties te styg wanneer die US Woordfees se Koorsig-koorfees vir die tweede keer plaasvind op Stellenbosch.

Twintig gemeenskaps-, kerk- en skoolkore, insluitend die Frank Pietersen volwasse koor, trek saam in die Konservatorium se Endlersaal vir ’n onvergeetlike koorfees.

Daar word nie alleen ’n wenkoor aangewys nie, maar ook meriete-toekennings gemaak.

Koorsig word gratis aangebied en enige lid van die publiek is welkom. Vir meer inligting, kontak Cornelia Faasen by 083-747-5797.




More News

 
    [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za