SATERDAG 17 Oktober om 10:00 is Rooikappie en die Wolf te sien by die Ou Meul-teater.
Dié klassieke sprokie is tot ’n vermaaklike toneelstuk verwerk deur Gaerin Hauptfleisch, wat ook die regie behartig en selfs een of twee verrassende verskynings op die verhoog maak.
Soos in die sprokie dwaal Rooikappie van die pad af as sy medisyne vir haar siek ouma neem, en verdwaal in die bos. Hier kom sy nare Dolf, die woeste wolf teë, wat blitsvinnig ’n plan smee om haar en haar siek ouma as smaaklike happie te geniet, dalk met ’n sopie plantwortel jenewer, want hy hou daarvan so.
Gehore sal dan maar net moet sien of die houtkapper en van die ander bosbewoners wat Rooikappie teëkom haar en haar ouma kan red van Dolf die wolf se onderduimse planne.
Die ander lede van die gedugte professionele akteurspan is Esther von Waltsleben, Stephanie Hough en Jan-Hendrik Opperman.
Kaartjies is R35 by Vicky Stemmet by 083-564-0056.