Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Mallies tree weer op

Mallies tree weer op
 
2009-10-15


DIE bekende Paarlse musikant, Mallies le Roux, hou net twee konserte per jaar, waarvan een vanjaar in die Paarl se stadsaal is op Woensdag 28 Oktober.

Die ander een is by Aan de Braak Teaterkafee op Stellenbosch, op Saterdag 14 November, wanneer ’n DVD van die vertoning opgeneem word.

Mallies wat reeds vier solo CD’s opgeneem het, kan ook gehoor word op ander CD’s saam met groot name soos Dawid Kramer, Bok van Blerk, Anton Goosen, Koos Kombuis, Valiant Swart, Johannes Kerkorrel en vele meer.

Die enigste rede hoekom hierdie gewilde kunstenaar nie meer as twee konserte per jaar hou nie, is omdat, soos hy self sê, hy ’n “regte” werk het in die Paarl as personeelpraktisyn.

Alhoewel musiek ’n stokperdjie is, het hy al op vele TV programme soos Pasella, Geraas, Maak ’n Las en Goeie Môre Suid-Afrika verskyn.

Behalwe sy pragtige liedjies vertel hy ook skreeusnaakse stories oor die lewe en dit is juis om hierdie rede dat ’n DVD opname gemaak gaan word om hierdie unieke komiese stories vir die nageslag te bewaar.

Belangstellendes wat hierdie konserte wil bywoon kan vir WA Joubert Laerskool skakel by 021-872-2832 vir kaartjies. Die konsert op 28 Oktober val saam met die skool se wynveiling.

Om deel te wees van die DVD opname in Stellenbosch, skakel Christine by Aan de Braak by 082-335-3105.




More News

 
    [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za