Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Korrektiewe Dienste Week

Korrektiewe Dienste Week
 
2009-10-15


DIE Drakenstein Gevangenis het vanaf 19 tot 27 September verskeie aktiwiteite aangepak as deel van hul fokusweek op Korrektiewe Dienste.

Die doel van die week was om die gemeenskap by hul werksaamhede te betrek asook om die sluier te lig oor wat binne ’n gevangenis gebeur.

Tydens hierdie week is besoeke gereël waar jeugdiges hulle besoek het. Die gevangenes het ook twee skole (Wemmershoek Primêr en Nondzame Primary) en twee kerke (VGK Zions en VGK Huguenot) se persele skoongemaak.

Hulle het ook 30 kinders van die Island of Hope en 30 kinders van die Mbekweni sopkombuisprogram met etes, geskenke, pretritte en skooluitrustings bederf.

’n Verjaarsdagpartytjie is ook vir een van die kinders gereël en van die gevangenes het self voor die potte gestaan om die koek en etes voor te berei.

By die Paarl Mall het hulle ook verskeie uitstallings gehou waar die jeuggevangenes se orkes en die koor die publiek vermaak het.

Enrico Samuels, gewese gevangene, het ook sy skildertalent met die publiek gedeel. Tydens die uitstalling was Samuels nog in aanhouding, maar is intussen op parool vrygelaat.

Jacobs het gesê mense het vir ure lank gestaan en kyk hoe Samuels skilder.




More News
  • Natural burials arrive in South Africa
  • Lofprysing Oppiberg
  • Bonsai Kai vergader
  • Benefit concert
  • Have a lazy day braai
  • Staan op in moeilike tye
  • Boeresport by fondsinsamelingsdag
  • Local schools shine in debate
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za