DIE eerste Fees Idees Skou vind plaas by Simondium Country Lodge tussen 28 Oktober en 1 November.
Fees Idees is soos die naam sê - innoverende idees en geskenke vir alle feestelike okkasies. Die skou, wat vir vyf dae sal oop wees van 09:30 tot vroegaand, sal meer as 80 spesialiteits-uitstallers huisves.
By die Fees Idees Skou sal spesialiteitsuitstallers hul goedere in hul eie ‘winkels’ uitstal, wat stileer sal wees deur die uitstaller self.
Die publiek sal kan rondsnuffel in ’n interessante wandelhal-atmosfeer gevul met dekor-items (huis en tuin); kuns, meubels, handwerk, klere, geskenke en nog vele meer.
Daar sal ook baie te eet en te drink wees. Ekstra aktiwiteite by die Fees Idees Skou sluit in werkswinkels wat daagliks sal plaasvind, ’n veiling op 27 Oktober (ten bate van Rusoord-ouetehuis) asook ’n modeparade op 30 Oktober.
Die manne kan ook op Sondag 1 November kom kuier wanneer daar ’n veteraanmotoruitstalling sal wees. Kom koop al jou geskenke by die Fees Idees Skou.
Koste om die fees by te woon beloop R20 by die hek (dit sluit ’n geskenkpak in). Simondium Country Lodge is geleë op die R45 tussen die Paarl en Franschhoek.