'Aanvaller' was op parool
2009-10-15
DIE verdagte wat 地 vrou helder oordag in Kloofstraat, Paarl, aangeval het, was uit op parool tydens die voorval. Allison Bouckaert is verlede maand hi駻 aangeval toe sy in haar motor wou klim. Haar aanvaller het haar juwele probeer afruk. Toe 地 verbyganger kom help, het die aanvaller vir hom met 地 vuurwapen gedreig voordat hy gevlug het. Hy het in 地 wagtende motor gespring en het die motor gelaat by die parkeerterrein van die Metropolitan-sentrum. Die polisie het 地 lokval gestel en toe die verdagte later die motor gaan haal het, is hy in hegtenis geneem. By nadere ondersoek het die polisie vasgestel dat die verdagte, Malitti Mlami, van Khayelitsha, in 2003 agter tralies beland het weens verskeie sake van aggressiewe roof. Sy tronkvakansie was egter van korte duur en in 2007 is hy op parool vrygelaat weens goeie gedrag. Hy was steeds op parool ten tyde van die beweerde aanval op Bouckaert. Mlami word nou aangekla van aanranding en roof, asook die rig van 地 vuurwapen. Hy word tans aangehou by Drakenstein gevangenis. * The suspect in the attack of a woman in Kloof Street last month was out on parole for previous cases of aggressive robbery.
More
News
|