Rugby-flitse
2009-10-15
BOLAND SEWESTOERNOOI
Die Boland Sewestoernooi, waartydens die top vier spanne van elke streek hul staal sal toon, vind Saterdag 17 Oktober plaas op die oland-stadion, vir ’n prysgeld van R5000. Die spanne van Boland-sentraal wat deurgedring het, is Roses, Hillcrest, Evergreens en Wellington.
KLUBS HOU BEKER-UITDELING
* Roses United hou hul bekeruitdeling op 30 Oktober (19:00) in die Wellington Stadsaal. Kaartjies is verkrygbaar by die bestuurslede (R100 p/p).
* Vineyards RFC hou 17 Oktober sy bekeruitdeling by die Paarl Rugbyklub (R40). Kontak Aslam (083-234-3988).
* Allandale Rugbyklub se jaareindfunksie en bekeruitdeling is op 24 Oktober (19:00) plaas te Drakenstein gevangenis (R75 sluit snacks en tafelwyn in). Musiek sal verskaf word deur Whani met sy orkes Stofpad. Die klub se jaarvergadering is op Donderdag 22 Oktober. Kontak 021-864-8000 of 082-737-8952.
* Evergreens Rugbyklub (Paarl) hou op 7 November hul jaareindfunksie by Drakenstein Laerskool, Denneburg. Musiek word verskaf deur Jeff’s Melodies (langarm) van Worcester. ’n Driegangmaaltyd sal voorsien word en toegang is R100 per persoon. Kontak Japie van Rooyen (voorsitter) by 078-870-9787 of Karel Abrahams by 083-423-3986.
* Riverstones hou 30 Oktober hul bekeruitdeling piekniekdans om 19:00 by die Annunciationsaal teen R30. ’n Kroeg sal beskikbaar wees en musiek sal verskaf word deur DJ Gavin.
* Young Standards se juniors hou afskeid (uitstappie na die see) op 24 Oktober. Juniors moet almal eerskomende Saterdag om 10:00 bymekaarkom by Uncle Mice se huis (Beukestraat 44A).
* Albions RFC hou 23 Oktober sy bekeruitdeling in die Gemeenskapsaal om 19:00, teen R80p/p. Stopad sal die musiek verskaf. Kaartjies kan by bestuurslede verkry word. Kontak 073-419-8476.
More
News
|