Bergrivier begin op wennoot
2009-10-15
DIE eerste krieketspan van Bergrivier krieketklub het Sondag op Weltevredepark ’n 52-lopie oorwinning oor Malmesbury behaal. Dié oorwinning is behaal deur die Duckworth-Lewis metode. Bergrivier het eerste gekolf nadat reën die spel met vier ure vertraag het. Danksy Darren Isaacs (53, 8x4), Marquin Julies (47*, 4x4, 2x6), Morné Albanie (25; 3x4, 1x6) en Ryan Mouton (23; 2x4, 1x6), kon Bergrivier 198/4 aanteken (29 boubeurte). Met die verlies van drie vroeë paaltjies, was die Swartlanders vroeg reeds met die rug teen die muur. Nadat die gure weer wéér spel onderbreek het, moes Malmesbury ’n wentelling van 149 in 22 boulbeurte behaal. Goeie veld- en vangwerk en goeie boulskofte deur Fabian Arendse, en die draaiboulers Ashwill de Vries en Aqeeb Douman, het die besoekers tot 96/6 beperk. Bergrivier II het Saterdag, op sy tuisveld, vir Drakenstein Education I (Boland kollege Paarl) met nege paaltjies verslaan. Elrico van Wyk, Johnwyn Petersen (68*, 7x4) en Jason Cupido (52*, 4x4) was die tuisspan se groot uitblinkers. Bergrivier I speel die 24ste weg teen Vredenburg en die 25ste weg teen Piketberg. Bergrivier II speel dié Saterdag tuis teen Mbekweni I.
More
News
|