Vroue-krieketspan speel in Paarl
2009-10-15
DIE SA vroue-krieketspan gaan gedurende die volgende twee weke alle ondersteuning verwelkom, wanneer hulle die Wes-Indiese Eilande pak op Boland-park en Nuweland. Die SA vroue sal in vier eendag- en drie T20-wedstryde in aksie wees. Dié wedstryde begin reeds môre. Die volledige program is soos volg: * Eendagwedstryde (16 Oktober, 10:00) - SA vs WI in Paarl; (18 Oktober, 10:00) SA vs WI op Nuweland; (21 Oktober, 10:00) SA vs WI in Paarl; (23 Oktober, 10:00) SA vs WI op Nuweland. * T20 (25 Oktober, 14:30) SA vs WI in Paarl; (26 Oktober, 14:30) SA vs WI op Nuweland; (28 Oktober, 14:30) SA vs WI in Paarl.
More
News
|