Peoples lyk gereed
2009-10-15
YOUNG PEOPLES het die 2009/2010 krieketseisoen Saterdag op ’n goeie noot afgeskop, toe hulle vir Worcester-United met 5 paaltjies verslaan het. Peoples het eerste veldwerk gedoen en die tuisspan tot slegs 127 lopies beperk. Peoples se Lorenzo Jacobs (2/13) en Brendon Adams (2/27), was hul beste boulers. Met Peoples aan die kolf, was Wade October (30, 3x4) en Dominic Daniels (50*, 6x4) die staatmakers. Peoples II het ’n gulde geleentheid deur hul vingers laat glip om Wellington II op hul tuisveld te klop, toe hulle Wellington uitgeboul het vir 223, danksy goeie boulwerk deur Tom-Ross Fortuin (4/49 in 9bb) en Gercian Gabriels (1/26 in 9bb). Peoples kon egter slegs 197 lopies behaal. Tom-Ross Fortuin (40, 6x4en 1x6) en Garren Fortuin (19, 3x4) was Peoples se uitblinkers met die kolf. * Peoples I het Saterdag ’n loslootjie, Peoples II speel tuis teen Franschhoek en die derdes speel weg teen Spes-Bona op Stellenbosch. * Peoples se funksie-komitee vergader 18 September (14:00) by die klubhuis op Daljosafat. Kontak Jeff Adams (082-566-3055) vir verdere inligting.
More
News
|