Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Boland-atlete reg vir SA's

Boland-atlete reg vir SA's
 
2005-03-17


Geskiedenis is gemaak toe die eerste Wes-Kaapse Hoërskole Kampioenskappe Saterdag op Daljosafat Stadion gehou is.

Die spanne van Boland, WP en SWD het vir die eerste keer dié seisoen teen mekaar deelgeneem as laaste voorbereiding vir die SA Hoërskole Kampioenskappe wat die naweek op Daljosafat Stadion plaasvind.

Saterdag se Wes-Kaapse kampioenskappe is gekenmerk deur goeie prestasies met vier Boland-rekords wat in die slag gebly het.
Dit was veral Franklin Roman wat die aandag getrek het toe hy die Boland 5000m staprekord vir o.15 seuns van 28:30 na 25:52.10 verbeter het.

Dié uitsonderlike prestasie kan grootliks toegeskryf word aan die titaniese stryd in die wedloop tussen Roman en sy Boland-spanmaat, Nicolaas Brink. Hoewel Brink uiteindelik tweede geëindig het, was sy tyd ook meer as twee minute vinniger as die ou Boland-rekord.

Die ander Boland-rekords is opgestel deur Dewayne Mouries (2000m Hindernis s.17), Susan Groenewald (5000m Stap m.15) en Janita Stander (paalspring m.15).

Stander, van La Rochelle, se prestasie moet gesien word teen die agtergrond dat sy skaars twee maande gelede begin het om in dié item deel te neem.

Sy is dan ook ’n produk van die paalspring-ontwikkelingsentrum wat onlangs op Daljosafat Stadion gestig is en bestuur word deur Louis Nienaber.

Nienaber was onder andere die afrigter van die Statebond-kampioen en Wêreldbeker goue medalje-wenner, Okkert Brits, toe hy nog op skool was.

Nog Bolanders wat uitstekende prestasies gelewer het, was Cornel Frederichs (300mH, s.15, 37:80), Christiann Norman (PS, s.15, 3.50m), Heinrich Gonzales (HG, s.17, 62,47m), Keenan Watson (VS, s.17, 7,34m), Jean Rossouw (HG, s.17, 60,99m), RJ Kellerman (GS, s.15, 16,89m), Nicola Loots (PS, m.17, 3,50m), Karin le Roux (HG, m.19, 44,03m) en Wilma Groenewald (5000mS, m.15, 28:08,30).

Die Boland-span het dan ook die byeenkoms gewen en spog met 48 goue medaljes teenoor die WP se 41 en SWD se 18.

“As die goeie prestasies van ons atlete die afgelope twee weke in ag geneem word, waar nege Boland-rekords verbeter is, dan behoort die Boland-atlete uitstekend te vaar by die naweek se SA Hoërskole Kampioenskappe,” het Richard Stander, hoof uitvoerende beampte van Boland Atletiek gesê.

Die openingseremonie word môre gehou, met die byeenkoms self wat Saterdag (vanaf 06:45) en Sondag (vanaf 07:00) plaasvind.

* Mense wat stalletjies wil huur, kan met Ivor Collins by 083-346-3889 of 862-3480 in verbinding tree.



More News
  • Kavaliers moet momentum gebruik
  • Sewes-aksie begin reeds môre
  • Baie visse uitgetrek
  • Standards koning
  • Last shot at gun run
  • Entries open for local MTB race
  • Wedvlug-duiwe
  • Sportdagboek
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za