Luan wéér as węreldkampioen gekroon
2009-10-15
VIR die derde jaar agtereenvolgens het Luan van der Vyver goud ingepalm tydens die Biathle Węreldkampioenskappe in Monaco. Vanjaar se skouspel was die 11de van sy soort. In 2007 het Luan in die ouderdomsgroep Youth E (10 jaar en jonger) deelgeneem, in 2008 aan die Youth D (11 en 12 jaar oud) en in 2009 weer aan die Youth D-afdeling (11 en 12 jaar oud) en elke keer gewen. Dié merkwaardige prestasie beteken dus dat Luan die afgelope drie jaar as die węreldkampioen gekroon is. Biathle in die ouderdomsgroep Youth D bestaan uit 500m hardloop, 100m swem en dan weer 500m hardloop. Luan het ’n baie goeie eerste hardloopbeen gehad en het, vandat die skoot geklap het, voor gehardloop. Stelselmatig het hy ook die gaping groter gemaak. Met die tweede hardloop-been van 500m nog oor - ongeveer ’n derde van die wedloop - het die aankondiger opgewonde laat weet dat Luan nou nie meer ingehaal kon word nie, toe hy sę: “and gold is taken by South Africa” - ’n goeie aanduiding van hoe groot die gaping geraak het, tussen Luan en sy naaste teenstander. Oostenryk was tweede en Engeland was derde. “Dit was voorwaar ’n wonderlike ervaring en voorreg,” voeg Luan by.
More
News
|