Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Wil nóg Kavaliers die Boland verlaat?

Wil nóg Kavaliers die Boland verlaat?
 
2009-10-15

Jaco van Wyk

WIE gaan bly en wie gaan ry? Dit is die vraag wat die Boland-rugbyunie tans in die gesig staar, nadat dit onlangs aan die lig gekom het dat sommige spelers ongelukkig is, ná bespiegelinge dat daar volgende seisoen geen geldkontrakte by die unie sal wees nie.

Luidens berigte het die Suid-Afrikaanse Rugbyspelersvereniging (Sarpa) se grootbaas, Piet Heymans, gister met die unie vergader om dié kwessie te ondersoek.

Hoewel die skrumskakel Marnus Hugo (Griekwas) en die heelagter Justin Peach (OP) reeds geteken het by ander unies, het Boland se direkteur van afrigting, Chester Williams, dit duidelik gemaak dat dit onwaar is dat nóg spelers die unie sal verlaat.

Williams is van mening dat daar “beslis geldkontrakte sal wees aanstaande seisoen”.

Volgens ’n betroubare bron, het die flank, Zolani Mofu, ook nou by die OP geteken, met ’n rits ander spelers wat ook op pad is. Na verneem word gaan beide stutte, Janro van Niekerk en Jacobie Adriaanse, by Griekwas aansluit, met die haker Conrad Burke, wat moontlik sy stewels gaan ophang.

Die flanke Josh Strauss en Wendal Wehr, gaan dalk ook hul rugby elders speel, terwyl ’n hele aantal spelers, wat deur die WP aan die Boland geleen is, terug behoort te keer WP toe. Dié spelers is manne soos Michael Rice, Danré Gerber, PJ Vermeulen en Hilton Lobberts.

Hoe akkuraat dié bronne is, sal egter alleenlik deur tyd bepaal word.

Op die oomblik is Williams se gevoel dat die Boland sal poog om aanstaande seisoen die “wenkultuur” terug in die Boland te kry. Dit kan selfs lei tot ’n paar “verrassings”, wat nuwe spelers vir aanstaande seisoen aanbetref.

) Met soveel oud-Bolanders in Vrystaat se geledere, was die pas-afgelope Saterdag se kragmeting op die Boland-stadion waarlik asof die huidige Boland-span kragte gemeet het teen ’n oud-Bolandspan.

Die ‘oud-Bolandspan’ (Cheetahs), het met voormalige Kavaliers soos Hennie Daniller (heelagter), Danwell Demas, Jongi Nokwe (beide vleuels), Tewis de Bruin, JP Joubert (beide skrumskakels), David de Villiers (slot) en WP Nel (stut), vir Boland met 55-10 (33-3) afgeransel.

Puntemakers vir die Kavaliers was Danré Gerber, met ’n drie en ’n strafdoel.




More News
  • Kavaliers moet momentum gebruik
  • Sewes-aksie begin reeds môre
  • Baie visse uitgetrek
  • Standards koning
  • Last shot at gun run
  • Entries open for local MTB race
  • Wedvlug-duiwe
  • Sportdagboek
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za