Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Slyper van kampioene

Slyper van kampioene
 
2009-10-15

Jaco van Wyk

HOE lui die stelling nou weer? As jy goed genoeg is, dan is jy oud genoeg.

Met sy onlangse 4de-dan gradering in Karate, is John Solomon beslis goed genoeg.

Dit is eerder Solomon se ouderdom, wat van hom ’n groentjie tussen die ‘ou-manne’ maak, om met dié gradering te spog.

Op 28-jarige ouderdom is Solomon een van die jongste 4de Dan-studente in Suid-Afrika - ’n gradering wat gewoonlik eers deur karatekas in hulle laat dertigs behaal word. Dit is natuurlik as karatekas goed en bevoorreg genoeg is.

Volgens Solomon se sensei, en die stigter van Hayashi-Ha Karate in die Wes-Kaap, Patrick Ross, is Solomon reeds “baie verder gevorderd as baie ander karatekas.

“John kan regtig met ’n paar groot manne saamgesels. Manne wat selfs ouer is as hy,” sę Ross.

“Met sy respek en dissipline, is John enige instrukteur se droomstudent.”

Dit is egter nie die eerste keer dat Solomon, wat reeds vanaf agtjarige ouderdom karate beoefen, prestasies ‘voor sy tyd’ behaal nie.

In 2004 was hy byvoorbeeld die jongste afrigter in die geskiedenis van Boland Karate om gekies te word as Boland Alle Style afrigter.

Nóg ’n paar jaar voor dit, op 12-jarige ouderdom in 1993, het Solomon ’n silwer-medalje verower in Kata, tydens die Kobe Osaka Węreldkampioenskappe in Skotland.

In 2000 het hy die nasionale kumite-kampioen geword tydens die Universiteit­studente-spele, en in 2003 was hy die nasionale kumite-kampioen ná afloop van die Alle Style Karate-kampioenskappe. In daardie selfde jaar, het Solomon ook in Swede deelgeneem, aan die Hayashi-Ha Węreldkampioenskappe, waartydens hy en sy span ’n derde plek behaal het in Unison Kata.

Tydens die Sone 6 Haya­shi-Ha Karate Kampioenskappe in 2007, het Solomon silwer in span-kata verower, en brons in Kumite.

Vanjaar het Solomon, as afrigter, Boland Karate tot nuwe hoogtes geneem, toe die Boland-span die jaarlikse driehoekige Karate-toernooi tussen SWD, Boland en WP gewen het.

“Dit was die eerste keer in vyf jaar dat Boland dié toernooi wen,” sę Solomon.

Dan was Boland se senior-span ook nog aangewys as die beste provinsie tydens die Karate Suid-Afrika nasionale kompetisie.

“As afrigter laat dit my baie goed voel, want dit was ’n kompetisie wat oorheers was deur die Boland-span,” sę Solomon.

“Ek het al destyds gesę dat, die dag wat ek nie meer hier is nie, gaan John my karate by my oorneem en verder vat,” sę Ross.

Solomon, ’n oud-leerder van Klein Nederburg Sekondęr, is so suksesvol, omdat hy “elke kans wat hy kry, met mening aangryp,” sę Ross.

“In 1983 het ek my eerste Dan verwerf, waarna ek ongeveer twaalf jaar later eers my tweede Dan verwerf het,” sę Ross.

Maar Solomon klim duidelik die leer ’n bietjie vinniger as meeste ander karatekas.

“Waar dit vir my 40 jaar gevat het om my 4de Dan te behaal, het dit vir John net 20 jaar geneem.”

Tot op hede het Solomon nog nie Springbokkleure verwerf nie. ’n Aantal studente het egter, onder Solomon se afrigting, reeds hul nasionale kleure ontvang.

“Mens kan sę John slyp kampioene,” sę Ross hieroor.

Volgens Ross gaan 2010 beslis Solomon se jaar wees.

“John staan ’n goeie kans om volgende jaar ingesluit te word in die SA afrigting span. Dan voorspel ek ook ’n goue medalje vir hom en sy span, in die Unison Kata volgende jaar,” sę Ross.




More News
  • Kavaliers moet momentum gebruik
  • Sewes-aksie begin reeds môre
  • Baie visse uitgetrek
  • Standards koning
  • Last shot at gun run
  • Entries open for local MTB race
  • Wedvlug-duiwe
  • Sportdagboek
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za