Vriende vergader
2005-09-01
DIE Vriende van Paarlberg hou ’n skyfievertoning Maandag om 19:30 by Christ Church, Klein Parys, Paarl.
Die spreker is Andreas Groenewald, die omgewingsopvoedingsbeampte van die Helderberg Natuurreservaat.
Hy sal praat oor die hoogs suksesvolle Vriende van Helderberg, asook sommige van die projekte wat die Vriende onderneem, soos die uitbreiding van die kwekery en die werk by hul Omgewingsopvoedingsentrum.
Tee en koffie sal náa die tyd bedien word.
More
News
|