LIEFHEBBERS van musiek en sang kan hulle maar solank gereed maak vir hoë temperature op 25 Oktober.
Die kwik beloof om drasties te styg wanneer die US Woordfees se Koorsig-koorfees vir die tweede keer plaasvind op Stellenbosch.
Twintig gemeenskaps-, kerk- en skoolkore, insluitend die Frank Pietersen volwasse koor, trek saam in die Konservatorium se Endlersaal vir ’n onvergeetlike koorfees.
Koorsig word gratis aangebied en enige lid van die publiek is welkom.
Vir meer inligting, kontak Cornelia Faasen by 083-747-5797.