DIE Courtrai Feesmark word van 26 Oktober tot 7 November by die NGK Suider-Paarl aangebied.
Op Woensdag 28 Oktober, Donderdag 29 Oktober en Donderdag 5 November is daar plakboek-klasse (bespreek vooraf). Saterdag 31 Oktober kan besoekers uitsien na lekker braaivleis en boeremusiek en op 6 November sal ’n musiekvertoning, koek en tee vir bejaardes aangebied word, terwyl Smartie Man en Simba die Leeu die kleinspan vermaak.
Kaartjies vir etes en die teeparty moet vooraf bespreek word. Kontak Lelani Koen by 082-786-3259 of Marlene Nel by 084-850-0695.