Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


’n Eksotiese reis

’n Eksotiese reis
 
2009-10-22


OP 31 Oktober smelt Marissa, ’n bekende naam in Paarlse musiekkringe, en die musiekgroep World@South saam vir Romance and Irish Coffee, wat beloof om ’n eksotiese reis te wees tussen kontinente met ’n romantiese aanraking daarby.

Die optrede vind plaas by die Breytenbach-sentrum in Wellington.

Ná Marissa haar B.Mus graad in 2006 voltooi het, keer sy terug na haar geboortedorp om musiek te gee by die Hoër Jongen- skool. Sy begelei haarself op die klavier en skryf ook haar eie liedjies. Marissa se musiek word beskryf as romantiese ballades en liedere oor ervarings.

World@South bestaan tans uit drie dinamiese musikante, naamlik Dirkie van Staden (kitaar), Roelof Swart (viool) en Diane Koen (perkussie en stem).

Kaartjies teen R50 moet vroegtydig bespreek word by 083-413-0119.




More News

 
    [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za