SORG dat jy Wolfie, bekende jazzpianis van Piano-Piano op Wellington, se klavierklanke hoor by die eerste Fees Idees Skou, wat plaasvind by Simondium Country Lodge tussen 28 Oktober en 1 November.
Die skou, wat vir vyf dae sal oop wees vanaf 09:30 tot vroegaand sal meer as 80 spesialiteits-uitstallers huisves.
Woflie sal agtergrondmusiek verskaf in die deli by die skou.
Die manne kan ook op Sondag 1 November kom kuier wanneer daar ’n veteraanmotor-uitstalling sal wees. Kom koop al jou geskenke by die Fees Idees Skou.
Koste om skou by te woon beloop R20 by die hek (dit sluit ’n geskenkpak in).