Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Hugenote-vereniging vergader

Hugenote-vereniging vergader
 
2009-10-22


DIE Hugenote-vereniging se jaarvergadering word Saterdag om 10:30 in die NG Kerksaal, Franschhoek gehou met prof Diko van Zyl, geskiedkundige, as spreker.

Die vraag word dikwels gevra hoeveel die Hugenote, wat in 1688 aan die Kaap geland het, bygedra het tot die uitbou van die wyn-industrie en -kultuur in die Kaap. Die gewilde mening is dat die Hollanders weinig kennis gehad het van wynbou, en dat dit die Hugenote was wat ’n noemenswaardige bydrae kom lewer het aangesien hulle van ’n wynproduserende land afkomstig was. Prof Van Zyl, ’n kundige op die gebied van die geskiedenis van die wynbedryf gaan argumenteer dat hulle bydrae maar weinig was.

Die Theron Geslagsregister is te koop teen R280. Dit is ’n genealogiese publikasie van die Hugenote Vereniging. ’n Ete word ná die vergadering teen R90 aangebied. Kontak Amelia Schwenke by 021-876-2598.




More News
  • Natural burials arrive in South Africa
  • Lofprysing Oppiberg
  • Bonsai Kai vergader
  • Benefit concert
  • Have a lazy day braai
  • Staan op in moeilike tye
  • Boeresport by fondsinsamelingsdag
  • Local schools shine in debate
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za