Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Sterre-aand van Galileo

Sterre-aand van Galileo
 
2009-10-22


Saterdag kan besoekers die wonders wat Galileo reeds 400 jaar gelede observeer het, beleef tydens ’n “Sterre-aand van Galileo” by die Taalmonument in die Paarl.

Regoor die wêreld sal amateur én professionele sterrekundiges op dié aand, asook op 22 en 23 Oktober, hul teleskope instel om Galileo se waarnemings te herleef en dit aan die publiek bekend te stel.

Die “Sterre-aande van Galileo” is een van die hoeksteenprojekte van die Internasionale Jaar van Sterrekunde in 2009.

Indien dit nie bewolk is nie, sal besoekers van 20:00 tot 22:00 deur teleskope kan kyk onder leiding van lede van OOG ( Orion Observasie Groep), ’n informele sterrekunde-klub van die Boland.

Die projek fokus op die planeet Jupiter en sy vier mane, maar besoekers sal ook die maan en ander sterre kan sien en word aangemoedig om verkykers saam te bring.

Toegang is R12 (R5 vir studente en R2 vir kinders). Kontak Serena Ingamells van OOG by 082-729-2716 vir navrae.

Besoekers kan hulle eie piekniekmandjies saambring of voor af ’n mandjie saamstel by Volksmond Restaurant (021-863-2800 of volksmond@taalmon ument.co.za. Geen honde of vure word toegelaat nie.

Die monument is nou daagliks oop van 08:00 tot 20:00 (Oktober tot Maart).




More News
  • Natural burials arrive in South Africa
  • Lofprysing Oppiberg
  • Bonsai Kai vergader
  • Benefit concert
  • Have a lazy day braai
  • Staan op in moeilike tye
  • Boeresport by fondsinsamelingsdag
  • Local schools shine in debate
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za