Help gestremdes só
2005-09-01
DIE Drakenstein Sentrum vir Persone met Gestremdhede in die Paarl is ’n geregistreerde welsynsorganisasie wat dienste lewer aan volwasse mense met gestremdhede in die Drakenstein munisipale gebied.
Dit sluit in Paarl, Mbekweni, Wellington, Hermon, Saron en Gouda, asook Franschhoek.
Hulle volgende projek is die hou van ’n algemene veiling aan die begin van November. Om ’n sukses hiervan te maak, is hulle aangewese op die ondersteuning van die publiek.
Deur daardie onbenutte artikel(s) wat u in u huis/onderneming of kantoor het, óf aan die sentrum te skenk, óf ’n artikel met ’n reserweprys daarop aan die Sentrum beskikbaar te stel, kan hierdie projek nog ’n suksesverhaal vir die sentrum wees.
Op die perseel van die sentrum word ’n werkswinkel bedryf vir volwasse persone met gestremdhede waar gefokus word op die ontwikkeling van vaardighede. Die werkswinkel bestaan uit die volgende afdelings:
Houtwerk: Die houtwerk-afdeling fokus op die restourasie van houtmeubels en vervaardiging van houtprodukte, bv. askissies, koffietafels, skilde, juweelkissies, wynrakke, ens.
Naaldwerk: In die naaldwerk-afdeling word herstelwerk van klerasie gedoen en verskillende naaldwerkprodukte vervaardig, bv. tafeldoeke, servette, duvetstelle, gordyne, ens.
Stoffeerwerk: Herstoffering van sitkamerstelle (materiaal, leer en kunsleer), Lazy-boys, eetkamerstoele, kantoorstoele, motorsitplekke, ens. Daar word ook herstelwerk gedoen aan tente, waterwurms en “bean bags”. Riempiewerk aan stoele en banke word ook gedoen.
Kontak Susan Muller, die projekorganiseerder, by 072-934-2875, of die sentrum by tel 863-0446/7, faks 863-0450 of e-pos drakcentre@telkomsa.net.
More
News
|