Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Doodstil by nuwe lykhuis

Doodstil by nuwe lykhuis
 
2009-10-22


DIE nuwe Forensiese Patologielaboratorium en Lykhuis vir die Paarl wat in Maart verlede jaar al voltooi sou wees, staan voor dooiemansdeur.

Die moderne laboratorium en lykhuis wat in aanbou is in Broadwaylaan, langs TC Newman Daghospitaal in Paarl-Oos, is steeds onvoltooid, glo weens die aanstelling van onbevoegde boukontrakteurs.

Daar is 地 dringende behoefte aan so 地 sentrum. Tans word die lykhuis in 地 vervalle gebou agter die Paarl polisiestasie gehuisves, met min en uitgediende toerusting.

Die nuwe tuiste van die lykhuis beloof wel om ultra-modern te wees, met nuwerwetse toerusting. Dit sal bestaan uit 地 administrasiegebou en publieke ontvangs, onderhoudskamer, vier dokterskantore, kamers vir lykuitkenning en 地 groot dissekteerarea van bykans 200 vierkante meter. Maar die bouwerk staan sedert Maart vanjaar doodstil.

Daar word bespiegel dat die Departement van Openbare Werke, wat verantwoordelik is vir die oprigting van staatsgeboue, gefouteer het met die toediening van tenders vir die bouwerk van die labratorium.

Twee kontrakteurs is aangestel volgens swartbemagtigingsprosedures, maar beide kontrakteurs se kontrakte is gekanselleer weens swak vordering as gevolg van kontantvloeiprobleme.

Die blaam vir hierdie kontantvloeiprobleme kan nie op die skouers van die huidige resessie geplaas word nie, want die beplanning het plaasgevind voor die insinking van die ekonomie.

Hierdie vertraging het nou ook veroorsaak dat die belastingbetalers heelwat meer uit hul sak sal moet haal om die uiteindelike voltooiing van die sentrum te verseker.

Die konstruksiebedrag sou in die omgewing van R11 miljoen beloop, maar nou staan dit op byna R18 miljoen.

Die Departement van Openbare Werke moes opnuut deur 地 tenderproses gaan en 地 nuwe kontrakteur is glo in die proses om aangestel te word.

En indien die nuwe kontrakteur nie ook 地 slagoffer word van die ekonomiese klimaat nie, behoort bouwerk aan die eerste fase teen einde 2010 afgehandel te wees.

* Construction of the new Paarl Forensic Laboratory and Mortuary has come to a standstill due to bankrupt building contractors.




More News
  • Musikant sterf na perdry-tragedie
  • Land-grab chaos in Mbekweni
  • Hawelose-probleem in Paarl aangepak
  • Man in die knyp oor dwelms
  • Sparks fly at Working for Water
  • Delegation to tackle housing problems
  • Diewe takel Wellington besighede
  • Misdadigers sit lank
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za