Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Fietsry-sukses by Nelson Wynlandgoed

Fietsry-sukses by Nelson Wynlandgoed
 
2009-10-22


DIE Nelson Wynlandgoed was die gasheer van die 2009 Engen Dynamic Cycle Challenge wat op 10 Oktober in die Paarl gehou is.

Die fietsrywedren was ’n groot sukses, met ’n groei in deelname van meer as 30% teenoor verlede jaar.

Met ’n totale prysgeld van R30 000 lok die byeenkoms elke jaar wêreldklas-fietsryers van regoor Suid- Afrika en sorg dit vir baie opwinding op die paaie rondom Paarl, Riebeek Kasteel en Malmesbury.

Die byeenkoms is een van verskeie fietsrybyeenkomste wat in die volgende paar jaar by die Nelson Wynlandgoed aangebied sal word.

Benewens die Nelson’s Creek Mountain Bike Festival wat vroeër vanjaar aangebied is, sal die 2009 Burger Fietstoer ook aan die einde van November na hierdie landgoed verskuif.

Die Burger fietstoer is die tweede grootste fietswedren in die Wes-Kaap, naas die Pick n Pay Argus Fietstoer, en trek ongeveer 6 000 deelnemers en hulle families.

Die Nelson Wynlandgoed gaan ook hulle deel doen om die Paarl se besondere skoonheid en die vriendelike aard van die mense verder te bemark, met hul jaarlikse Perd- & Wynfees op Sondag, 15 November te vier. Hulle open ’n restaurant, Angela’s, op 1 November.

Vir navrae, skakel Jack Kukard (algemene bestuurder Nelson Wynlangoed) by 021-869-8453.




More News
  • Kavaliers moet momentum gebruik
  • Sewes-aksie begin reeds môre
  • Baie visse uitgetrek
  • Standards koning
  • Last shot at gun run
  • Entries open for local MTB race
  • Wedvlug-duiwe
  • Sportdagboek
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za