Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Paarl op wenpad ná swak begin

Paarl op wenpad ná swak begin
 
2009-10-22


DIE afgelope naweek het aldrie die spanne van Paarl Krieketklub, op die Parys-velde, hul opponente geklop nadat die klub se eerste twee spanne verlede naweek loesings toegedien is.

Op die A-veld het Paarl II (85/4) die nuweling, Klapmuts I (82/10) met ses paaltjies geklop.

Die besoekers het eerste gekolf en het gesukkel teen die boulwerk van Jacques Jacobs (3/9) en Grant Croutz (5/10). E Julius (16, 2x4) en L Pietersen (17, 1x4) is die enigste kolwers van Klapmuts wat meer as tien lopies kon aanteken. Die tuisspan het die wenlopies in die twaalfde boulbeurt aangeteken.

Paarl III was in aksie teen Coronation III op Parys B. Die besoekers het eerste gekolf en 200/10 aangeteken.

Waldo Davids (3/29) en William-Anthony Petersen (3/6) het goed geboul.

Paarl het die wenlopies in die 34ste boulbeurt behaal, te danke aan ’n vennootskap van 88 lopies om die vyfde paaltjie tussen Zurich Mullers (67, 7x4 en 2x6) en Darwin de Waal (44, 2x4).

Paarl IV het hul eweknie van Wellington III met vier paaltjies geklop, met Renton Fortuin (4/25) en Brent Hendricks (4/40) Paarl se beste boulers.

Byron Walters (51, 7x4) en Desmond Marthinussen (27, 2x4 en 3x6) het grootliks bygedra tot Paarl se oorwinning.

* Saterdag speel Paarl I teen Piketberg I (Parys A); Paarl II teen Bergrivier II (Weltevrede), Paarl III teen Brackenfell III (Parys C) en Paarl IV teen Excelsior I (Parys C). Sondag speel Paarl I op Parys A teen Vredenburg/Saldanha I.




More News
  • Kavaliers moet momentum gebruik
  • Sewes-aksie begin reeds môre
  • Baie visse uitgetrek
  • Standards koning
  • Last shot at gun run
  • Entries open for local MTB race
  • Wedvlug-duiwe
  • Sportdagboek
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za