Sportkomitee vergader
2005-09-01
DIE Drakenstein Interim-Sportkomitee hou sportvergaderings te Wellington op Donderdag 8 September en te Saron op Donderdag 15 September vir alle plaaslike sportorganisasies en sportklubs.
Die doel is die daarstel van ‘n Interim Wellington Sportkomitee en ‘n Interim Saron/Hermon Sportkomitee.
Die vergadering vir Wellingtonners is in die sysaal van die Wellingtonse Stadsaal op 8 September om 18:30.
Die Saron-vergadering vir mense van Saron en Hermon is by die munisipale kantore op Saron op 15 September 2005 om 18:30.
More
News
|