DIE Lighuis Familiekerk in die Paarl hou in samewerking met Themba, ’n ondersteuningsgroep van Parow, op Sondag 1 November om 17:00 by Charleston Hill Sêkondere Skool ’n diens. Gewese dwelmverslaafde en dwelmbase sal getuienis lewer.
Pastoor Carl Sonnenberg, van Themba, sal die prediker wees. Enigeen wat worstel met dwelmprobleme of familie-lede wat met hul hande in hul hare sit oor dwelms, kan die diens bywoon. Kontak Vernon Jacobs by 083-766-7495 of by 021-872-0002.