Cultivaria neem nie besighede in ag
2009-10-29
CULTIVARIA is ’n jaarlikse instelling in ons geweste en lok baie besoekers na die Paarl. As winkeleienaar dink ek dat besighede wat beïnvloed word deur paaie wat afgekordon word en sodoende besigheid verloor vir daardie dag, kan darem vooraf in kennis gestel word. So word die Bovril langtafel aangebied, ’n groot bohaai en ’n deel van die Hoofstraat word gesluit daarvoor. Die sluiting was die hele dag en tot laataand vanaf die Strooidakkerk tot by Brugstraat. Nie een van die die besighede is skriftelik of mondelings in kennis gestel dat die sluiting al so vroeg sal plaasvind nie. Dis verregaande! Dit blyk dat besigheid vir die spesifieke dag swakker was as ander dae. As mens iets ordentlik wil doen, neem almal in ag asseblief. Moenie dat besighede nie betrokke wil raak by Cultivaria nie - motiveer en span liewer saam om ons winste te verbeter. Sodoende kan die Paarl spog. Juanita Gerhard Meyer, koördineerder van die Cultivariafees, reageer: Daar is in twee uitgawes van Paarl Post vooraf berig oor die straatsluitings en alhoewel die betrokke besigheid mag bevind dat hul omset op die betrokke dag van die langtafel minder is, het ons onafhanklike navorsing bevind dat Cultivaria miljoene rand se besigheid genereer oor die naweek van die Fees.
Juanita
More
News
|