Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


So min ''dankie''

So min ''dankie''
 
2009-10-29


DIS so maklik om probleme en ontevredenheid te lig, maar dankie sê vir werklik spesiale diens? Dit word so maklik net gesystap.

In April vanjaar het ek ’n koffiemaker by die Wellingtonse tak van Clicks aangekoop. Sewe maande later, die jaar-waarborg en koopstrokie verlore en die koffiemaker stukkend, is ek moedeloos.

Op ’n koue reëndag is ek met koffiemaker onder die arm om te gaan pleit en net daar in die parkeerarea val die glasbeker fyn en flenters.

Dit was ’n koddige prentjie in die winkel, en ek met ’n nog meer onwerklike storie. Sekerlik is hierdie papnat-gereënde vrou besig om ’n baie groot kans te vat.

Die bestuurder het my egter net een kyk gegee en ’n nuwe koffiemaker bestel, nadat die aankoopdatum op my Clickskaart opgespoor is. Dankie aan julle vir sulke onverdiende hulp in ’n tyd dat die klant net ’n nommer is. Marianne Kitching




More News
  • Name change comes with new commitment
  • Maar moeilik met diens in middedorp
  • Rooi linte nie vir vandalisme
  • Moenie die naam verander nie
  • We can make a difference
  • Doen julle werk!
  • SMS
  • Peace under the (Linden) trees
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za