DIE Paarl Blommeklub sluit hul jaar op ’n feestelike wyse af op Dinsdag 3 November om 19:00 in die NG Kerk Drakenstein se kerksaal in Denneburg.
Lede bring elkeen ’n moderne Kerskrans asook ’n een-skottelgereg of ’n bord eetgoed.
Almal moet hul eie eetgerei bring. Nagereg en koffie/tee sal voorsien word.
Almal is welkom om die afsluiting by te woon. Bespreek asseblief teen Vrydag 30 Oktober.
Vir enige navrae, kontak Marieke Smit by 021-863-2152 of Bessie van Zyl by 021-872-6864 (werks-ure) of by 021-872-6824 (Na-ure).