Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Elektrisiteit duurder in die Paarl as elders?

Elektrisiteit duurder in die Paarl as elders?
 
2009-10-29


EK was onlangs met vakansie in Port Elizabeth by vriende en het per toeval gekyk na die tariewe wat daar gehef word vir koopkrag. Die kostes daar is baie laer as in die Paarl.

Daar sal sekerlik argumente wees hoekom daar verskille is. Ek lees oor die naweek dat dit Eskom sowat 32c per Kw kos. Hoekom moet ons R1 per Kw betaal?
Vuisvoos

Die Drakenstein se skakelbeampte, May Carolissen, reageer: Dit is nie so eenvoudig om ’n vergelyking te tref rondom tariefbepalings tussen verskillende munisipaliteite nie.
Die koopkragverbruiker in die Drakenstein Munisipaliteit betaal 64 sent per kilowat op ’n 20 amp stroombreker terwyl die verbruiker op ’n 60 amp stroombreker 99 sent per kilowatt opdok. Dit sluit in BTW en die koste van die koopkragmeter in. Verbruikers met ’n 20 amp stroombreker ontvang maandeliks 100 gratis eenhede.
Die koopkragtarief by Nelson Mandela Baai Munisipaliteit op die 20 tot 60 amp is 61 sent (BTW uitgesluit) per kilowatt en huishoudings wat minder as 300 eenhede per maand gebruik kry 75 gratis eenhede.
Die huishoudelike verbruiker by Drakenstein Munisipaliteit met konvensionele elektrisiteit betaal tans 66 sent per kilowatt (BTW ingesluit) op die 20 amp teenoor die ongeveer 69 sent per kilowatt (20 tot 60 amp) by Nelson Mandela Baai Munisipaliteit.

In die geval waar verbruikers ’n 60 amp stroombreker het, betaal verbruikers 69 sent per kilowatt by Drakenstein Munisipaliteit en ’n basiese maandelikse fooi van R220,84 (BTW ingesluit).
Die gemiddelde koste per kilowatt betaalbaar aan Eskom is veranderlik.



More News
  • Name change comes with new commitment
  • Maar moeilik met diens in middedorp
  • Rooi linte nie vir vandalisme
  • Moenie die naam verander nie
  • We can make a difference
  • Doen julle werk!
  • SMS
  • Peace under the (Linden) trees
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za