VYF besonderse plaastuine en ’n verskeidenheid van dorpstuine word aan die publiek oopgestel op 30 en 31 Otkober teen ’n toegangsfooi van R50 per persoon. Die fondse is ten bate van Rusoord Ouetehuis.
Kaartjies is verkrygbaar by Laborie winkelsentrum te Hoofstraat 43, Suider-Paarl. Die tuine is oop vanaf 10:00 tot 17:00.
Daar is vyf plaastuine, twee klein tuine en ongeveer sewe medium tuine, elk met sy persoonlike stempel van die betrokke tuinier. Dit wissel van skuins bergtuine tot formele tuinuitleg (roos/groentetuin) tot informele tuine met gesellige onthaalareas rondom swembad en braai. Interessante voorbeelde van vormsnoei van struike is te siene in van die tuine.
Plase waar wynproe asook ligte verversings verkoop word, sal op die kaart aangedui word.
’n Uitstalling, Huisvol Harte & Rose, val saam met Paarl Ope Tuine. Vriende van Rusoord bied ’n fynproewerskeur van handwerk wat by Le Joubert se konferensiesentrum (op een van die plase) te koop is. Kontak Trucia 082-393-1840/021-872-8101 of Retha van Wyk 083-407-2552.