Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Wellington vat misdaad vas

Wellington vat misdaad vas
 
2009-10-29


INWONERS van Wellington is Saterdag in die vroeë oggendure van Saterdag gewek deur ’n aanhoudende dreuning.

Dit was geen vreemde vlieënde voorwerp nie, maar ’n polisiehelikopter wat betrokke was by ’n misdaadbekampingsoperasie.

Hierby was die Wellington polisie betrokke saam met die Wes-Kaap blitspatrollie en lede van die Departement van Korrektiewe Dienste.

Verskeie padblokkades is gehou en altesame R5000 se boetes is aan motoriste uitgeskryf vir verkeersoortredings, soos bestuur sonder ’n lisensie of met ’n onpadwaardige voertuig.

Daar is ook toegeslaan op verskeie smokkelhuise waar dwelms en drank onwettig verkoop word.

Lede van Korrektiewe Dienste het besoek afgelê by wonings om te sien of gevangenes wat op parool is, hul voorwaardes nakom.

’n Woordvoerder van die polisie het die operasie as hoogs suksesvol beskryf.




More News
  • Musikant sterf na perdry-tragedie
  • Land-grab chaos in Mbekweni
  • Hawelose-probleem in Paarl aangepak
  • Man in die knyp oor dwelms
  • Sparks fly at Working for Water
  • Delegation to tackle housing problems
  • Diewe takel Wellington besighede
  • Misdadigers sit lank
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za