Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Oud-speurder bly in pekel

Oud-speurder bly in pekel
 
2009-10-29


MET ’n duidelike gesigsbeeld vasgevang op ’n sekuriteitskamera, doen hernieude bewerings die ronde oor die betrokkenheid van ’n bekende oud-speurder van die Paarl by misdrywe.

Die oud-polisieman wie se gesig na bewering op die kamera verskyn, is tans op borgtog vir verskeie sake waar hy met gesteelde goedere in sy besit gevang is, in die Paarl, Wellington en Franschhoek.

Skaars drie maande nadat hy op een van hierdie aanklagte op borg vrygelaat is, is hy weer betrap met gesteelde goedere (brandstof).

Maar die oud-speurder is weer eens op borg vrygelaat, en is oënskynlik weer met sy ou streke besig.

Die nuutste bewerings rakende die speurder, wat destyds lid was van die ernstige misdade-eenheid by die Paarl polisiestasie, kom nadat daar by Auto Nantes in Hoofstraat, Noorder-Paarl, ’n metaal-bosbreker gesteel is. Die voorval is met ’n sekuriteitskamera op film vasgevang.

Vyf dae tevore is daar ook so ’n bosbreker by Auto Nantes van ’n voertuig afgesteel, maar die diefstal is nie op kamera opgeneem nie.

Ondersoekers en besigheidslui wat die opname van die nuutste voorval onder oë gehad het, beweer dat dit beslis die gesig van die oud-speurder is.

Hulle beweer ook dat dieselfde persoon op die film, moontlik by talle voorvalle van winkeldiefstal in Noorder-Paarl betrokke sou wees. Die nuutste voorval laat talle vrae.

“Die video is aan die polisie gewys, maar die verdagte is steeds nie in hegtenis geneem nie. Word hy deur oud-kollegas beskerm? Of draai die wiele van die gereg maar net so oneffektief dat terwyl die beweerde misdadiger op borg vry is, hy kan voortgaan met sy skelmstreke?”

Maar die oud-speurder is wel weer in hegtenis geneem en hy sal binnekort in die hof verskyn, weer eens op aanklag van diefstal.

’n Woordvoerder van die polisie het gesê dat al die sake teen die verdagte nou herondersoek word en dat hy binnekort in die hof sal verskyn op aanklag van die diefstal by Auto Nantes.

“Ons sal alles in ons vermoë doen om borg te opponeer.”

* An ex-police detective is allegedly continuing with his life of crime.




More News
  • Musikant sterf na perdry-tragedie
  • Land-grab chaos in Mbekweni
  • Hawelose-probleem in Paarl aangepak
  • Man in die knyp oor dwelms
  • Sparks fly at Working for Water
  • Delegation to tackle housing problems
  • Diewe takel Wellington besighede
  • Misdadigers sit lank
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za