Goue tekennings vir firmas
2009-10-29
Die Wellingtonse Verfraaiingskomitee het verlede week op ’n dinee van die dorp se sakekamer goue toekennings aan altesaam 21 van die dorp se sakeondernemings gemaak wie se besigheidspersele die afgelope jaar besonder goed vertoon het en ’n bate was vir die gemeenskap. Die komitee vereer reeds die afgelope tien jaar uitstaande sakeondernemings op die dorp wat uitstaande persele het, in verskillende kategorieë. Onder vanjaar se wenners in die kategorie vir kleiner sakeondernemings was die Breytenbach-sentrum, Jean-Nic Investment Enterprises, Redemption, Royal Packers, Safari-winkel, Vinbot, Global Directive Marketing, Malan & Smit-arkade, Dripco en Prowell-houtwerke. Die groot sakeondernemings op die dorp wat goue toekennings ontvang het, was Distell, Douglas Green, Dirk Lochner Transport, Paarlvallei Bottelering en Pacmar. In die afdeling vir die gasvryheidsbedryf het Deli-licious en To Dine For goue toekennings ontvang. Groot persele in die gasvryheidsbedryf wat goud ontvang het, is Diemersfontein, Florida Padstal en Provence-onthaalsentrum. Wisseltrofeë is aan Vinbott, Pacmar, Deli-licious en Diemersfontein oorhandig. Volgens Charl Tomlinson van die Verfraaiingskomitee word daar ge-poog om aan sakemense en nyweraars erkenning te gee wanneer hulle spesiale moeite doen om hul sake-persele te verfraai en dit te vergroen. “Die toekennings is nie ’n kompetisie nie, maar bloot ’n vorm van dank en erkenning aan hierdie ondernemings.”
More
News
|