Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Sakepersoon van die Jaar aangewys op Wellington

Sakepersoon van die Jaar aangewys op Wellington
 
2009-10-29


DIE bekende Wellingtonse sakeman Max van der Wath is verlede week op ’n glansgeleentheid van die Wellingtonse Sakekamer aangewys as Wellington se sakepersoon van die jaar.

Van der Wath is bekroon op grond van sy visie, sy entrepreneurskap en omdat hy ’n “uitsonderlike persoon is wat hoop by mense skep”.

Van der Wath het sy finansiële dienste-organisasie (PSG) se deure in 2001 in Wellington geopen en in 2004 met ’n tweede kantoor in die Paarl begin.

Volgens hom was sy organisasie se omset aan die einde van sy eerste bestaansjaar slegs R156 000. Verlede jaar het dit op R8 miljoen vir die jaar gestaan.

“Deur die jare het ons daarin geslaag om ’n gemiddelde groeikoers van 15% per jaar te handhaaf.

“In 2007 het ons Paarlse kantoor ’n lisensie ontvang om as aandelemakelaar op te tree.

“Ons was toe die eerste aandelemakelaar in die Paarl en sover my kennis strek, is ons vandag nog steeds die enigste aandelemakelaar in die Paarl.”

In 2001 het Van der Wath nog sy kantoor vingeralleen beman, maar danksy die gesonde groei deur die jare is daar tans sewe deeglik opgeleide aandelemakelaars en agt beplanners by die onderneming werksaam.

Hy het die onderneming van meet af aan op die entrepreneursmodel geskoei.

Al die vennote wat tans daar werksaam is, is mede-eienaars van die onderneming en die dag-tot-dag bestuur word deur ’n bestuurskomitee behartig wat bestaan uit vyf senior vennote.

“As bestuur en ook as mede-eienaars van die onderneming probeer elkeen van ons deurgaans om, veral wat tydsbesteding betref, ’n goeie balans te handhaaf – dit geld vir die tyd wat elkeen van ons aan die besigheid, aan ons gesinne en aan diens aan ons gemeenskap afstaan,” het Van der Wath gesę.




More News
  • Manager did much good work
  • Zandwyk Park goes ahead
  • Rare wines hold their own at auction
  • Multiple awards for Grande Provence
  • Grondkundige kragte saamgespan
  • Fairtrade vloei suiwer by Bosmans
  • Sweet success for Nederburg
  • “TERROIRIST” at Nederburg Auction
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za