ONTMOET vir Prinses Babsie en die ‘Virus Detective’ op Saterdag 31 Oktober om 10:00 by die Ou Meul-teater.
Sy is ’n moderne, klein prinsessie wat nie sonder haar selfoon en haar rekenaarspeletjies kan leef nie, maar Prinses Babsie se ma het gehoor van die Varkgriep-virus, en nou voer sy vir Prinses Babsie vitamines en laat haar warm aantrek. Mens kan nooit te seker wees nie!
Dan daag ’n ander soort Virus op en begin met Prinses Babsie se selfoon en rekenaar lol. Gelukkig is daar altyd ’n goeie ‘Virus Detective’ wanneer ’n mens een nodig het!
Die produksie is tweetalig en kaartjies is R35. Bespreek by Vicky Stemmet by 083-564-0056 of vstemmet@gmail.com.