Krieket-flitse
2009-10-29
SKOLE-KRIEKET
* Die Boland o.19 krieketspan, wat vanaf 12 Desember in Benoni aan die nasionale Coca-Cola Week gaan deelneem, het altesaam sewe Paarliete in sy geledere. Hulle is Jean Bredenkamp, Manrich Kotzé, Leon le Roux, Charl Smith (almal HJS), Junaid Cassiem, Edrique Cook en Rabian Engelbrecht (almal New Orleans). Die volgende Paarliete het ook spanne gehaal: o.17-Week - Clint Brockman, Cobus Langenhoven, Rudolph Pollard (almal HJS), Jan Frylinck (Landbouskool), Keagan Pietersen en Byron Walters (albei New Orleans). o.17-Plattelandweek: Aqeeb Douman, Renton Fortuin (albei New Orleans), Janus Mouton (Landbouskool), Edward Small (Bergrivier Sekondêr), Kyle Solomons en Pieter Stoffberg (albei HJS). o.15-Week - RP Burger (Gim), Jean-Luc du Plessis, Bjorn Fortuin, Hanno Kotzé, Darren Papier, Eddie Schutte, Dawid Stoffberg (almal HJS), Wade Robyn (Bridge Hous) en Dale Watts (New Orleans). * HTS Drostdy (235/9) het die afgelope naweek vir Klein Nederburg Sekondêr (86) met 149 lopies geklop. Klein Nederburg se beste speler, met kolf en bal, was F Cedras met 3/46 paaltjies en 31 lopies. * Hottentots-Holland (109) het vir Hoër Landbouskool Boland B (67) met 42 lopies geklop.
More
News
|