Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Wellington klop Noord-Boland

Wellington klop Noord-Boland
 
2009-10-29


DIE eerste krieketspan van Bella Roma Wellington-CPUT, het Saterdag klaargespeel met ’n gekombineerde span van Noord-Boland.

Wellington het die loot gewen en besluit om eerste te boul.

Met Wellington se boulers op hul stukke, kon hul opponente slegs 112 lopies behaal voor al hul paaltjies platgetrek was.

J Strydom (2/16), V Penazza (2/15), J du Plessis (2/30) en I. Opperman (2/15) was Wellington se beste boulers.

Noord-Boland se beste kolwer was P Japhta met 72 lopies.

Met Wellington aan die kolf, kon hulle die wenlopies reeds in die 23ste boulbeurt behaal.

Wellington se beste kolwers was C Schreuder (37*) en S Cutting (29).

Noord-Boland se beste boulers was P Venter (2/20) en P Adams (2/29).

Wellington het dié wedstryd dus met 4 paaltjies gewen.

* Wellington I speel eerskomende Saterdag weg teen Bergrivier.




More News
  • Kavaliers moet momentum gebruik
  • Sewes-aksie begin reeds môre
  • Baie visse uitgetrek
  • Standards koning
  • Last shot at gun run
  • Entries open for local MTB race
  • Wedvlug-duiwe
  • Sportdagboek
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za