Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Swart Maandag

Swart Maandag
 
2009-10-29

Lise Beyers

DIT was behoorlik ’n swart Maandag, toe inwoners vandeesweek wakker geskrik het in die kloue van ’n ware swart suidoostewind.

Bome is ontwortel, dakke afgewaai, mure platgedruk en rommel oral gestrooi weens die stormsterk- wind wat reeds Sondagmiddag kop uitgesteek het.

Op Wellington het ’n huis in Richterstraat, Uitsig, byna sy hele dak verloor met die krag van die wind.

Rouxlé Horne is omstreeks 02:30 met ’n geweldige slag uit haar bed geruk: “Ek het nie presies geweet wat die geluid was nie, maar die wind het so sterk gewaai dat ek vermoed het dat dit iets daarmee te doen het.

“Ek wou nie daardie tyd van die nag na buite gaan nie en het deur die vensters probeer kyk wat skort, maar ek kon niks sien nie.Later die oggend het ’n buurman kom vertel dat die hele wêreld vol dakplate lê wat van die dak afgevlieg het.”

Teen daardie tyd het die agterkant van die dak op die dubbelverdiepinghuis byna heeltemal omgeslaan. Die hulp van die brandweer is ingeroep en hulle het sandsakke bo-op die dakplate geplaas om te verhoed dat hulle verder afruk (sien foto’s bl 8).

Horne was ten tyde van die voorval besig om die huis op te pas vir Andries Human wat met vakansie was in Durban. Nadat hy die nuus van die skade ontvang het, was hy dadelik op pad na Wellington.

In die Paarl, op die hoek van Meul- en Gimnasiumstraat, het die stam van ’n eikeboom geknak. Die boom het dwars oor Gimnasiumstraat geval en chaos veroorsaak in die oggendverkeer by Laerskool Gimnasium.

In Kingston Town, ’n plakkerskamp in Paarl-Oos, is twee informele wonings platgeslaan deur ’n reuse denneboom wat deur die storm -wind ontwortel is.

Gert Smit het gesê dat hy en sy vrou Susanna nog in die bed gelê het toe die boom letterlik hul huisie in vuurmaakhout verander het.

“Ons huis is bo-op ons stukkend geslaan en ons moes hande-viervoet kruip na veiligheid.”

Sy buurman, Petros Tandiswa, het ook groot skade gely toe takke van dieselfde boom die helfte van sy huis getref het (foto bo).

Talle ander bome in die gebied is ontwortel, soos op Zanddrift-plaas op die Wemmershoekpad, waar vyf eikebome omgewaai het, van hulle wat meer as 100 jaar oud was.

Die Drakenstein Munisipaliteit het behoorlik hul hande vol gehad om die bome op te saag.

By New Orleans Sekondêre Skool het dakplate op verskeie plekke afgewaai, en buitemure en heinings is plat gewaai.

By ’n toetssentrum in Donkervlietstraat is dakplate ook losgeruk en roldeure uit hul kosyne gelig.

* A black south-easter of hurricane stength caused chaos in the valley.




More News
  • Musikant sterf na perdry-tragedie
  • Land-grab chaos in Mbekweni
  • Hawelose-probleem in Paarl aangepak
  • Man in die knyp oor dwelms
  • Sparks fly at Working for Water
  • Delegation to tackle housing problems
  • Diewe takel Wellington besighede
  • Misdadigers sit lank
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za