Gemengde welslae vir Paarl Krieketklub
2009-10-29
PAARL KRIEKETKLUB se eerste span (148/10) het Saterdag gesukkel om Piketberg I (132/10) op die Parys A-veld te klop. Graham Adams (25) en Curtis Fourie (44) was Paarl se beste kolwers. Paarl se boulers, Brenton van Schoor (2/6), Alfredo Adams (2/20), Ultalyn Ernstzen (2/19) en Hein Adonis (2/23), het vir hul span ’n sege van 16 lopies verseker. Sondag het Vredenburg/Saldanha I (196/7) vir Paarl I (169/8) met 27 lopies geklop op Parys A. Clint Philander (2/21) was Paarl se beste bouler. Hoewel Curtis Fourie (36) en Lynal Jansen (65) vir ’n vennootskap van 88 lopies om die derde paaltjie gesorg het, was die skrif reeds aan die muur vir die tuisspan. Paarl II (219/8) het die naweek vir Bergrivier II (165/10) op Weltevrede sportterrein met 54 lopies geklop. Rudy Andrews (59) en Chester Kuiler (43) was Paarl se beste kolwers, met Jacques Jacobs (3/39) die beste bouler. Bergrivier se beste spelers was L Dampies (2/25), G Meyer en D van Niekerk (75). Paarl IV (179/9) het vir Excelsior I (176/10) op die Parys C-veld geklop. Hamish Louw (32*) was Paarl se beste kolwer en Brent Hendricks (4/27) die beste bouler. * Saterdag speel Paarl II weg teen Mbekweni I, Paarl III speel tuis teen Easterns III en Paarl IV speel tuis teen Peoples III. Die klub hou ’n braai by die klubhuis op 7 November (R45 per bord).
More
News
|