Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Dubbele SA kleure

Dubbele SA kleure
 
2005-09-01


DAAR is min atlete wat in een jaar twee keer hul SA-kleure ontvang, maar dit is die besondere prestasie wat die jong Paarlse hokkiespeler, Shirlynn Smith, behaal het.

Die 16-jarige Shirlynn Smith, ’n leerder van New Orleans Sekondêr, het pas teruggekeer van Potchefstroom waar sy as deel van die SA o.16A-span in toetse teen onder andere Zimbabwe en die SA o.18B te staan gekom het.

Die Suid-Afrikaners het hul Afrika-bure behoorlik vernietig en 11 doele teen nul aangeteken. Die o.16-span het ook hul o.18 landgenote 4-1 geklop.

Haar prestasie tydens dié toernooi was so goed dat sy ook in die o.17A hokkiespan opgeneem is. Dié span gaan volgende jaar teen Australië kragte meet.

Shirlynn beplan om na skool Sportwetenskap by Maties te studeer.



More News
  • Gasheer vir stoei
  • Show-jumping inter-schools at Evergreen
  • Met 'n groot glimlag vorentoe
  • Wiese uit sy nate oor oorsese toer
  • Boishaai gesels saam met grotes
  • Paarl Juniors hit five
  • Sixteen teams in soccer tournament
  • Alexa skrik nie vir 300 doele nie
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za